Blog

Totsiens 2013

Voorspoedige nuwejaar aan elke ADAM's-Family-lid! Baie dankie dat julle 2013 ons beste jaar nog gemaak het - 'n jaar vol onvergeetlike herinneringe! Ekstra dankie aan elke persoon wat 'n CD gekoop het en 'n show kom kyk het - dis as gevolg van julle dat ons kan doen wat ons doen! Ons waardeer julle ongelooflik baie! 2014 is 'n groot jaar vir ADAM! So dankie dat ons op julle ondersteuning kan staatmaak Rus nou lekker, wees veilig, kuier saam met familie, en dan gesels ons binnekort weer. Vir eers is ons op vakansie!
Liefde! ADAM

Wat Joe Foster Nooit Sal Vergeet Nie

Die sanger Joe Foster, wat pas aangekondig het hy verlaat die groep Adam, onthou ‘n paar goue oomblikke saam met sy sangmaats. Lees die volledige storie in Huisgenoot, 24 Oktober 2013

1. Hul eerste optrede as groep in Middelburg in Feb 2011. “Op pad daarheen is ons afgetrek omdat ons te vinnig gery het,” onthou Joe. “Toe sê die polisievrou ons moet vir haar sing. Ons het die groep Extreme se More Than Words vir haar gesing, toe sê sy ons kan maar ry!

ADAM - More Than Words (Cover)

'n Video wat spesiaal geskiet is vir ons fans vir Valentynsdag / A video that was especially shot for our fans for Valentines Day!

Pages